Skip to content

Rev Jou Toere

Ietsie oor ons

Rev jou Toere toermaatskappy is gebore as gevolg van 3 faktore:

  1. Nood: Soos almal weet was toerisme verreweg die ergste geaffekteer weens die Covid virus en nadat die pandemie tsumami ons totale inkomste uitgewis het, moes ons voor begin.
  2. Vermaak: Nadat Charlize Theron verklaar het daar is net ongeveer 44 Afrikaanssprekendes in Suid Afrika, het ons besluit om toere juis in Afrikaans aan te bied, en daardie 45 of meer persone tevind om saam te toer!
  3. Passie: Met dieselfde passie en onderskeie sterk punte van Fanie & Anita, het ons ons kragte saamgegooi en besluit om wat ons, Afrikaanssprekende Seniors noem, uit te nooi om saam te toer!

Skep van die naam “Rev Jou Toere”
Net buite Beaufort-Wes, op een van ons vele agterpaaie toere, het ons besluit om ons twee se ervaring, kwalifikasies en toerusting saam te gooi en te dans op die ritme van ons eie drom.

Ons vergelyk ons met geen ander toermaatskappy nie, is nie in kompetisie met ander in toerisme nie. Ons glo ons het ons eie “mojo” en daarmee wil ons graag uniek en in ons eie baan bly.

So is die naam “Rev jou Toere” gebore. Tong in die kies en dubbelsinnig. Revolusies van ‘n motor word gemeet op ‘n toermeter. Ons het besluit om die toere se revolusies hoog te druk en die motor(bus) se toere binne riglyne te hou – dus toeriste se toere! Logies ook dat ons slagspreuk dus sê: “Toere sonder brieke – in Afrikaans!”

Kontak Ons

WhatsApp 066 170 8448
VoiP 087 655 4700
E-pos: info@revjoutoere.co.za
Facebook: Rev jou Toere
Instagram: revjoutoere
Webbblad: www.revjoutoere.co.za
Tik Tok: @rev.jou.toere